Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Dis Kersfees. Kom ek sit hierdie kersfees in perspektief. Die aanloop was om die minste te sê 'n wipplankrit gewees. Ek weet nie van alles wat in jou lewe gebeur het nie. Wat ek wel wees is die spanning en die skokke en nuusgebeure wat plaasgevind het. n die laaste twee weke is iemand se lewensmaat van 15 jaar oorlede. Iemand ander se seun het doodverongeluk en is gister begrawe. Gister oggend is iemand se pa oorlede. Verlede week is 'n tornado deur ons dorpie (Deneysville en Vaalmarina) en mense in groot dele is diep bekommerd oor water te korte. Droogte in groot dele het mense op mespunt van oorlewing. Die ANC het konferensie gehou en hulle siek rammelinge oor grondhervorming en ander leë woorde oor die uitwis van korrupsie laat mens wonder wat kom. En dan lui die foon weer en 'n jong dame se bankkaart is gekloon. En jy hoor die spanning van die dram in haar stem. Nou hoekom begin ek 'n kersboodskap met so 'n nagatiewe prentjie. Suiwer omdat die is hoe die lewe baie dae is. Daar is die lelik en die seer en die spanninge en daar is die vreugdes en die mooi. En tussen dit alles deur is daar die Almagtige God wat saam met Sy mense deur die lewe leef. Die wêreld waarin Jesus in gebore is, Sy Betlehem was stil stil in 'n wêreld in waar die Romeine mense se lewens ontwrig en moeilik gemaak het. 'n Gedwonge volkstelling. Dreigende vermeerdering in belastings. Armoede op grootskaal. Haat. Die oorlewingsdinge van daardie tyd. In so 'n wêreld is die Seun van God as 'n klein weerlose baba in gebore. In 'n wêreld wat nie plek vir Hom gehad het nie. Hom nie wou hê nie want Hy het nie ingepas in hulle verwagtings en idees nie. Intussen het die kruis gekom en die opstanding. Maar steeds pas Jesus nie in baie mense se wêreld in nie. Hulle het nie plek vir Hom nie. Hulle het behoefte aan Hom solank Hy in pas by way hulle begeer. Maar so is ons nie. God het ons raakgesien en ons lief. God het ons lewens stuk vir stuk kom oopvou en tussen al die kreukels en voue ons lewens kom vul met Sy teenwoordigheid en hoop en vrede en liefde. God kom gee in ons lewens hierdie liefde wat die haat wil uitstoot uit ons lewens uit, nuwe plek wil maak vir omgee en geloof en vertroue. Dit alles doen God so stil stil tussen al die dinge wat elke dag om ons en met ons gebeur. Ons ontdek daagliks die wonder en vervulling van net om by God en met God te wees. Sy heilige teenwoordigheid ook in die klein en soms selfs swaar allerdaagse gebeure. Dis kersfees. Ons fees vol verwondering en droom van God wat Immanuel is. God hier by ons. Ek los jou met die gedagte van Elizabeth Barrett Browning: Earths crammed with heaven And every common bush alive with God. Only he who sees take off his shoes; The rest sit around and pluck blackberries. Mag jy hierdie kersfees en in die nuwe jaar God in alles beleef, as by jou. Geseënde kersfees.