Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Rom 3: 24 en 1 Kor 15: 10 Paulus gebruik die Griekse woord vir genade omtrent 100 keer in sy skrywes. Hy het ongeveer 30 jaar vir Christus geleef en in die 30 jaar ongeveer 24000km per voet en per boot afgelê in die uitdra van die evangelie. Hy het al hierdie ongerief verduur oor hy genade verstaan het. Jy kon sien in sy lewe, genade is meer as wat baie van ons verstaan. Ons dink God doen alles. Ons hoef niks te doen nie. Ons kan aanleef soos van te vore. Paulus het verstaan, wedergeboorte, genade beteken nuut leef, toegeweid aan God leef. Victor Kuligin skryf dat dit reg en verkeerd is as ons dink God doen alles. Ja God gee die genade en ons word uit genade alleen deur Christus gered. God doen dit. En nee, ons moet uit die genade leef. As ek wedergeboorte se kollig op die genade laat val, en wedergeboorte is tog deel van die genade, dan besef jy dat jy nou 'n nuutgemaakte mens is wat absoluut vir God wil lewe. Wat 'n afkeer het aan die verkeerde in jou lewe en nuut wi leef. Nou is jy 'n nuwe mens wat met al jou krag en verstand en menswees vir God liefhet en Hom dien. 2 Kor 9:8. Jy is vrygespreek. Deur genade alleen. Wat leef jy of Wie leef jy nou?