Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Is jy ‘’n Christen of ‘’n dissipel? (Artikel deur Stephan Joubert, E-Kerk Waaraan dink jy as jy die woord Christen hoor? Die vroeë volgelinge van Christus het hulleself nie Christene genoem nie. In Antiogië is die gelowiges vir die eerste keer Christene genoem (Handelinge 11:26). Ander het hulle Christene genoem. Dit is nie die naam wat hulle vir hulleself gekies het nie. Hulle was dissipels. Die woord Christen word net drie maal in die Bybel gebruik, maar dissipel 281 keer in die Nuwe Testament. Vandag beskryf ons onsself eerder as Christene as dissipels. Dissipel verduidelik wat ‘n volgeling van Christus werklik is. Die probleem is dat mense wat hulleself Christene noem soms nie werklik dissipels is nie. Dissipel sê duidelik wat jy word as jy in Jesus Christus glo. 1. Dissipels laat alles agter om Hom te volg Matteus 4:22 lees: Hull het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg. Die boot verteenwoordig hulle beroep en vader hulle intiemste verhouding – die twee moeilikste dinge om agter te laat. As jy ‘n ware dissipel is, het Jesus voorrang bo jou beroep en jou verhoudings. Ons almal sal nie noodwendig voor so ‘n keuse kom nie, maar ons almal sal op een of ander stadium moet besluit wat vir ons die belangrikste in ons lewens is. Om Jesus te volg beteken dat ek alles as sy Heerskap ondergeskik stel. Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is die teken van ‘n ware dissipel. 2. Dissipels vermeerder My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is (Johannes 15:8). Daar is nie iets soos ‘’n dissipel wat nie vrugte dra nie. In Matteus 8:19 kry ons Jesus se Groot Opdrag aan sy dissipels. Die basis van hierdie opdrag is, maak die mense my dissipels. Die werkwoorde gaan, doop en leer se krag word aan maak die mense my dissipels verbind. Alles wat ons doen spruit voort uit die oproep om dissipels te maak. Die grootste behoefte is dat mense van Jesus moet hoor. Ons word geraak deur mense se swaarkry, maar ons weet dat die grootste swaarkry die ewige swaarkry is van mense wat sterf sonder dat hulle Jesus aanvaar het. Jesus som sy eie bediening so op: Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). As ons dissipel is, moet dit ook ons lewens opsom.