Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Kom ek val vanoggend pens en pootjies by die deur in met Romeine 8: 1: 1 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Romans 8:1 Dit is soos koue water vir ‘n dorstige mens. Soos vars koffie vroeg in die oggend. Daar is nou geen veroordeling. Hoe voel dit om dit te hoor. God sê deur Paulus hier: Ek, God, veroordeel jou nie meer nie. Die doodstraf is nie meer op die tafel nie. Die hel ook nie. Vir jou is daar lewe en hoop. Dit is nie ‘n grootskaalse amnestie nie. Dit gebeur net in Christus Ons almal ken die term “pay it forward”. Ek doen iets goed vir ju en verwag niks terug nie en vorentoe as jy in ‘n posisie is om vir iemand iets te kan doen, dan den jy dieselfde: jy gee of doen iets vir iemand sonder om iets terug te verwag. Kom ons skep ‘n hashtag. Ons hashtag is #geenveroordelingmeer. Ons word nie veroordeel nie en nou pay ons dit forward deur ook vir ander nie te veroordeel nie. Self nie eers te oordeel nie. Ons neem nie die Here se werk oor nie. Ons weerhou ons daarvan. Ons spreek vry. Ons laat lewe. “Live and let live.” Dit is broodnodig. In hierdie land Suid-Afrika, is ons aan mekaar besig om mense as te sleg, te stadig, te wat ookal te bevind. Weet jy wat? Ons kan dit net leef as ons ingesak het in die poel van God se liefde. As ons ligstrale is. Ligstrale oordeel nie. Ligstrale skyn die Lig wat mense help om God te vind. Ons kan net #geenveroordelingmeer as ons lote is. Want in die ware Wynstok is daar geen veroordeling meer nie. So hoe kan dit in die lote wees? Die lote kry tog immers al hul groeikrag en voeding van die ware Wynstok af. Dit ia Christus. So mag ek jou vra waar jou voedignskrag en jou leefkrag vandaan kom? Christus, Dan is #geenveroordelingmeer die slagkreet waarvolgens ook jy moet leef. Geen veroordeling en hope vol liefde. Ek meen: Wie is ons nou eintlik om oor ander te wil oordeel?