Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Die Bybel en veral die Psalm boek praat baie van wag op die Here. Ons, as sg post-moderne mense raak gefrustreerd want ons soek dadelik antwoorde. God werk egter op Sy tyd. Om te wag op die Here is nie om ledig te wees nie. Dit is eerder om aan te hou doen dit wat jy weet God van jou vra. Dit is om aktief jou geloof te leef en om aktief orals God se liefde uit te leef. Om te wag op die Here, is nie om, as ek by Stephan Joubert kan leen, om te wag op die Here is nie om te wag om bedien te word nie. Wag word gevul met diens en aanbidding en lofprysing van God. Wag op die Here is ook die tyd waarin ons ons wil buig in God se wil in tot ons wil wat God wil hê. Wag op die Here is 'n tyd van vertrou en vashou en skuiling vind by God. Wetend dat God se tydsberekening perfek is en God se wil uitstaande. Leer om op die Here te wag. En as jy met 'n vraag worstel en jy wag vir die antwoord, leef dan solank met die vraag saam. Leef die vraag tot jy bewus raak van die antwoord.. As jou vraag is wie moet ek liefhê? dan bid jy daaroor en terwyl jy wag op leiding het jy solank diegene lief wat jou pad elke dag kruis. En iewers sal die antwoord duideliker raak. Ek gebruik hierdie maar net as 'n voorbeeld.