Datum:
Opskrif:
Gedagte:
1 Petrus 2: 11 - 17 11 Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe. 12 Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening. 13 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is 14 of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. 15 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. 16 Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien. 17 Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. Daar is dikwels 'n konflik in 'n mens self. Teveel kere wil 'n mens inpas by die groep. Die vraag vandag is net by watter groep wil jy inpas? Maak seker dat die groep by wie jy wil in wees die groep is wat by God in is. Petrus sê mooi duidelik dat daar die wêreld is en dan is daar ons, die gelowiges en ons is vreemdelinge in die wêreld. As jy nog nie in 'n vreemde land was nie, glo my dan, jy staan uit. Hulle sien jou dadelik raak as dat jy nie hier inpas nie. En hulle hou jou dop. In Moskou op die metro (ondergrondse treinstelsel) het hulle oorkant jou gesit en jy kon sien jy word nou bekyk en beskinder. Maar moenie worrie nie, 'n mens oorleef dit. Wat belangrik is is dat jy by God in pas en dinge op God se manier doen. En God se manier is dat ons ons altyd goed moet gedra.Laat jou lewe hulle praatjies stil maak. En ja,deel van goed gedra is om alle mense te respekteer. Dink hoe mooi sal ons land wees as ons alle mense met respek hanteer.