Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Ek deel hierdie mooi uiteensetting van Jaco Thom in sy Bybelkoerant. Ek glo, Here! 1 Joh. 5:9-15 “Wie die Seun het, het die lewe . . .” (1 Joh. 5:12) Dit is nie nodig om te twyfel nie. Tog twyfel baie gelowiges van tyd tot tyd. As die twyfel jou oorval, onthou dan: • Jy is nie God se kind omdat jy sonder sonde is nie; jy behoort aan Hom ondanks jou sonde. Jy is uit louter genade gered. • Moenie jou geloof op jou gevoel bou nie. Gevoelens kan ’n mens maklik in die steek laat. Jesus sal nooit. • Nie net sondes wat jy bely het, is vergewe nie; al jou sondes is deur Jesus se bloed bedek. • Moenie jou ontstel as jy nie presies weet wanneer jy die Here aangeneem het nie. Leef vandag vir Hom. • As jy vandag die Here se kind is, sal jy dit altyd bly. God waarborg dit vir jou. Die hele Bybel wil ons verseker: God het ons lief. Hy sal ons nie los nie. In sý krag – nie jou eie nie – is jy gered en sal jy staande bly tot die einde toe. Geloofsekerheid is iets wat in jou moet groei. Om dié sekerheid te help groei, kan jy jou elke oggend opnuut weer aan die Here toewy. Sê vir Hom dat jy Hom liefhet, en dank Hom dat Hy jou gered het ten spyte van jou sonde. Vra Hom dan om jou te help om dié dag voluit vir Hom te lewe.