Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Kan ek ‘n drie letter woord gebruik? Een wat mense nie altyd so mal oor is nie. Die woordjie “net”. Vir party mense is “net” beperkend. Die woordjie sluit ander uit. Dit is eksklusief. Ander kere is dit lekker want dis net ek en jy. Vanoggend sê die woordjie “net” dat jy van al die plekke kan vergeet waar die wereld sê jy tot verhaal moet kom ... rus is net by God. “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding.” Ek sien ‘n prentjie op facebook: Moet nie ‘n lewe bou waarvan jy een of twee keer per jaar moet van wegkom nie. Bou vir jou ‘n lewe waar jy nie van alles hoef weg te kom nie. Okay. Hoe doen ek dit? Hoe bou ek so ‘n lewe? Ek ken twee mense wat weg was van alles hier, net om in die verre plekke beroof te word. So, hoe kom jy weg van alles? En dis maklik om te praat: ek wil hoor by iemand met wie te sleg ook gaan, hoe bou jy so ‘n lewe. Nie net die gelukkige paartjies wie se lewens skynbaar altyd reg loop nie. Ek dink ons moet wegkom van ‘n “as” lewe. “As ek maar net ...” die lotto kan wen. Of ‘n ander man of vrou het. As ek net ‘n ander werk kan kry. Ek wonder of die Here ons nie soms in situasies hou waaruit ons wil wegkom tot ons leer om net in Hom tot rus te kom. ‘n Lewe net in Hom te bou. Nou Dawid se lewe het nie altyd lekker uit gewerk nie. Sy planne het erg skeef geloop met tye. Of soos hy dit stel in hierdie psalm ek is ‘n man wat soos ‘n muur wat wil omval, wat reeds omgestoot is. En tog bly het sê “Net God.” Net by God . 1. Dawid het bely dat Hy op God alleen hoop. Hy vertrou God. ‘n Stuk of 6 keer sê Dawid “net op God” of “net God”. As ek so na die deel kyk dan voel dit vir my Dawid kyk terug en Hy sien dat, toe hy net op God vertrou het, dit die tye was wat hy tot rus kon kom. En ja, daar was tye in sy lewe wat hy nie op God vertrou het nie. Eintlik het hy God vergeet. Of hy het seker planne probeer weg steek vir God. Of dalk net gedink God sal nie sien nie en nie weet nie. Die kere wat hy homself laat geld het, op homself vertroue het en sy eie kop gevolg het, het dinge erg skeef geloop. Ek dink aan die affere wat hy met Batseba aangevang het. Dit het uitgeloop op moord. Vir die groter deel van sy lewe het hy egter op God vertrou. Dawid was een van die suksesvolste mense van sy tyd. En ten spyte van sy sukses het hy nie op homself vertrou nie, maar op God. Hy het God se raad gevra selfs oor oorlog. Al was hy self ‘n uiters suksesvolle soldaat. Het die mense hom dan nie in sy jongdae reeds toegesing: Saul het sy duisende verslaan maar Dawid sy tienduisende, nie? Wat jy moet raaksien, is dat alles nie altyd goed gegaan het met Dawid nie. Daar was baie mense wat Hom wou dood hê. In verse 2 tot 5 lees jy dit raak. Al bely hy dat God sy Rots is, sy vesting waar hy skuil. Voel Dawid soos ‘n muur wat omgestoot is (vers 4). In vers 5 sê hy hulle het hom probeer uitwerk. Hulle leuens was volop. En hulle valsheid was vir hom sleg. Met hulle monde het hulle hom geseen maar in hulle harte het hulle hom vervloek. Klink na iets wat ons almal al beleef het. Ons het nie verniet ‘n gesegde “If looks could kill” nie. Of as mense agteraf raak. So, Dawid sou maklik kon gesê het: Maar God het my vergeet. Of die Here het so ‘n bietjie ander pad gekyk. Of, Die Here gee nie om dat ek soos ‘n omgestoote muur is nie. Of die Here gee nie om wat met ons in hierdie land gebeur nie. Dawid het nie in God geglo omdat hy hierdie great omstandighede gehad het nie. Dawid het op God vertrou omdat God se manier die enigste standhoudende manier is.Al wat regtig vir hom gewerk het. In vers 2b en 3b gee hy redes hoekom hy so op God vertrou: • 2b Dit is waar sy redding vandaan gekom het. • 3b God het hom vas en stewig laat staan Daar is baie ander psalms waar Dawid sing van God se redding in sy lewe. God hou vir hom wat Dawid is regop. Sy lewe wankel nie. Selfs al beskryf hy homself later as soos ‘n muur wat omgeval het. En tog, keer op keer bely hy : God is alles vir hom. Selfs in die laaste deel as hy weer skryf oor sy vyande dan gee hy hulle eintlik ‘n stukkie raad. Hy sê die pad wat hulle op is gaan net sleg eindig. Geweld help nie. Rykdom, of in ons ge val jou salaris, as dit toeneem moet nie die ding wees waarop jy steun nie. Jy moet net op God vertrou.