Datum:
Opskrif:
Gedagte:
In Genesis lees ons dat God geskep het. En na elke deel van die skepping staan daar "en God het gesien dit is goed." Ek lees nie dat God na die skepping van die mens gesê het dit is goed nie. Hy het wel die mens geseën. In Efesiers 1 lees ek dat God voordat Hy nog enigiets geskep het, ons bestem het om deur Christus Jesus Sy kinders te wees. Besef jy dat alles wat God geskep het was iets wat Hy hier wou sien? Elke plant, dier, insek, planeet, mens was iets wat God wou hê hier moet wees. Niks is sommer net hier nie. Ook nie jy nie. God het gedink "Ek wil iemand soos _____________(jou naam) skep. Ek is 'n onbeplande baba gewees. Ook ek is iemand wat God gebore wou sien. So ook jy. Nie net dit nie, God het voor alles nog al bestem dat ons in Hom sal glo en Sy kinders mag wees. Wil jy nie anders oor jouself begin dink nie? Nee. Dit is niks om oor hoogmoedig te raak nie. Wel is dit om oor intens dankbaar te raak en te begin besef jou blote teenwoordigheid voeg waarde by ons ander se lewens. Jy hoef nie besonders, uitstaande of enigiets spesiaals te wees nie. Jy moet net wees. Kom wees wie God jou bedoel het om te wees.