Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Psalm 145 is net hierdie ongelooflike mooi lofbetuiging aan God. Dit begin met die digter se eie belewinge en soos jy lees kom jy agter jy word ingesluit, dalk eerder ingenooi om saam te kom loof en prys. Dit is 'n ontdekkingsreis van wat God in ons lewens doen en wil doen en wil wees. En jy ontdek dat soos jou oë oopgaan is God reeds al hierdie dinge vir jou. Lees die psalm rustig deur. En dan weer en probeer dan hierdie vrae beantwoord: 1. Wat leer ek hier oor God? 2. Hoe verander dit hoe ek van te vore oor God gevoel het? 3. Wat wil God vir my hier deur sê vir waar ek nou in my lewe is? Ek glo jy gaan ontdek dat jy in hierdie stormagtige wêreld okay gaan wees solank jy met die Here leef. En ek hoop dat ook jy begin om God te loof en prys oor alles wat Hy is, gee en doen in jou lewe en in ander se lewens.