Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Ek deel vandag 'n paar verse uit die Woord. Baie hartseer verse. En ek vra: Is dit SA se probleem? En dan ook: Gaan ek en jy deel wees van die probleem of gaan ons deel word van God se oplossings? Ek dink dit wat ons nou gaan lees is seker die hartseerste hartseer, die dag as God sê moet nie meer vir hulle bid nie. Jeremia 7: 16 1Jy moenie vir hierdie volk bid nie. Moet My nie ter wille van hulle smeek en by My vir hulle voorspraak probeer doen nie. Ek sal nie na jou luister nie. 17 Sien jy nie wat doen hulle in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem nie? 18 Kinders maak hout bymekaar, die mans steek vure aan en die vrouens knie deeg om koeke te bak vir die koningin van die hemel. Hulle bring ook drankoffers aan ander gode om My seer te maak. 19 Is dit vir My wat hulle seermaak? vra die Here. Nee, hulle maak hulleself seer en hulle bring skande oor hulleself. 20 Daarom, sê die Here my God, laat Ek my gloeiende toorn oor hierdie land kom, oor mens en dier, oor die bome in die veld en die opbrengs van die land. My toorn sal bly brand en nie tot bedaring gebring kan word nie. Jeremia 11: 14 En jy, Jeremia, moenie vir hierdie volk bid nie, moenie vir hulle pleit of bid nie, want as jy My aanroep wanneer die ramp hulle tref, sal Ek nie luister nie. Jeremia 14:11 Die Here het vir my gesê: Moenie by My vir hierdie volk voorspraak doen nie. 12 Wanneer hulle vas, sal Ek nie na hulle gesmeek luister nie; as hulle brandoffers en graanoffers bring, maak dit die volk nie vir My aanvaarbaar nie, want Ek sal met oorlog, met hongersnood en met pes 'n einde aan hulle maak. 13 Maar ek het gesê: Ag, Here my God, die profete sê dan vir hulle hulle sal geen oorlog of hongersnood beleef nie en dat U sê: Ek sal vir julle blywende voorspoed gee in hierdie land. Die tyd om te bid is nou. Die tyd om ons lewens terug te bring en te leef en te aanbid soos God dit wil is nou!