Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Toe Jesus op die water geloop het, (vlgns Matteus se getuienis in 14: 22 ev) het Hy Petrus beveel om na Hom te kom. En Petrus het op die water geloop. Die Rabbies in daardie era het net leerlinge aangeneem as hulle geglo het die leerling sal eendag kan doen wat die rabbie gedoen het. Het Jesus dieselfde gedoen? In Joh 14 sĂȘ Jesus dat die wat in Hom glo dieselfde dinge sal kan doen as wat Hy gedoen het. Dalk moet ons begin besef dat Petrus in Jesus geglo het, ja, maar dat Jesus self geglo het dat Petrus sal kan doen wat Hy doen, op die water loop en daarom hom beveel het "Kom!" Netso moet ons ook begin besef dat Jesus glo dat ek en jy ook kan doen wat Hy ons beveel. Dat Hy in ons glo. Ons moet net soos Johannes 15 leer in Jesus bly en Hy in ons.