Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Dankbaarheid maak die oë oop. In 'n Dagstukkie van Henri Nouwens, skryf hulle dat dankbaarheid 'n mens se oë oopmaak om nie te dink in terme van joune en myne nie maar eerder as dat alles in die lewe 'n geskenk van God af is. Ek hoop ek het hom reg verstaan. My gedagtes het bietjie ander paaie begin loop. My besef is dat dankbaarheid hef nooit op wat jou ne is nie, maar dit keer dat ek jaloers is oor wat jy ontvang het want ek is saam met jou opreg dankbaar vir die wat God jou gegee het. Ek gaan my ook nie met jou vergelyk nie (Gal 6) want in my dankbaarheid besef ek dat God vir ons elkeen gee wat ons elkeen nodig het volgens ons eie uniekhede. En ek besef in my dankbaarheid dat God alreeds my met soveel mooi en goedheid oorlaai het. Dankbaarheid maak my oë oop vir 'n wêreld vol van klein wonderwerkies, geure en kleure en emosies en sonsopkomste en en ek besef dit alles is geskenke van God af aan jou en my. As ek dink oor Victor Frankl in die konsentrasiekampe, dan was dit baie keer die mooi van 'n blommetjie, of 'n sonsondergang wat die hoop in hom laat bly brand het. En ek hoor dat ons dalk minder moet vaskyk in die politiek en die lelik en die virus en weer raaksien hoe God in die klein dinge ons wil verryk en hoop gee. Nouwens praat van dankbaarheid as 'n geestelike dissiplinne, iets wat jsoos gebed getrou moet op fokus en inoefen. Hy sê dankbaarheid is die gefokusde inoefening van die wete dat alles wat ek is en het is 'n geskenk aan my as 'n geskenk van liefde. 'n Geskenk wat ek moet vier en koester (laaste woord is my toevoeging). Dit bly 'n doelbewuste keuse. Ek kan kies om steeds dankbaar te wees al is my wêreld op sy kop gekeer deur eksterne faktore. Dit is opmerklik dat hoe meer 'n mens kies vir dankbaarheid hoe meer geleenthede duik op waarbinne mens dankbaar kan kies bo kla en kerm. Dit bly 'n keuse en elke keer wat ek die keuse maak om dankbaar te wees word die keuse makliker en makliker. Daar is 'n ou gesegde in Estonië: “Who does not thank for little will not thank for much.” 'n Mens moet ook dink aan alles wat jy uit dankbaarheid doen. Die Heidelbergse kategismus praat van uit genade alleen gered en dit word opgevolg met 'n lewe uit dankbaarheid vir God gelewe. Hoe sou dit nie ons lewens verander as ons meer vir ander doen vanuit die bewustheid van dit is deel van my dankbaarheid aan my Here.