Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Jesus het 'n manier om goed te vra en te sê wat diep sny. Soos bv hier in Lukas 6: 44 - 49 46 “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? 47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: 48 Hy is soos 'n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou. 49 Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sê nie, is hy soos 'n man wat sy huis bo-op die grond gebou het sonder 'n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.” Ons ken almal waarskynlik hierdie deel. Twee huise. Een se fondament op sand. Die ander s'n op rots. Dadelik dink ons maar my fondament, die fondament van my lewenshuis is gebou op my geloof in Jesus Christus. Dus ek is soos die huis wat op rots gebou is. Maar ons die punt. Is die punt nie die rede waarom Jesus hierdie beeld geskep het nie? En die rede is vers 46: “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?" Die rede is mense wat glo in Jesus maar nie glo wat Hy sê nie. Of dan nie doen wat Jesus sê nie. Moet ons, as ons ons fondasies ondersoek, nie eerder kyk na hoe ons Jesus volg nie? Maw hoe ons doen dit wat Jesus die mense geleer het. Ons het geloof verskraal tot 'n erkenning dat Jesus die Seun van God is, sonder dat ons in beweging kom oordat Hy ons Koning en Here is. Dit is tyd om eerli te wees en te begin doen. Dallas Willard het geloof omskryf as om te doen soos Jesus sê omdat ek glo dat Hy beter as ek weet hoe ek my eie lewe moet leef. Nou dit is 'n fondasie!. Maak die kopskuif.