Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Die eiendomsagente sê as jy 'n juis skou moet jy brood bak want dit laat voornemende kopers voel dis 'n huis waarin hulle wil bly. Ek het al soms op 'm naweek laatmiddag buite gewees en dan hang die braaivleis reuke die buurt vol en maak n mens honger. En dit is hoe 'n Christen se lewe moes wees. Dit wat ons uitstraal, dit wie ons ten diepste is moet mense met 'n warm gevoel in die hart laat. Nie met 'n warm gevoel in die kop wat wil ontplof van woede en frustrasie met ons nie, maar van tuiskoms en geliefd voel. Ons is soos suurdeeg wat stil stil samelewings ten goede verander soos suurdeeg broodmeel omskep in wonderlike vars brood. Maar helaas is dit nie altyd waar nie en het die Christene deur die eeue ingekoop in mag en begin voorskriftelik raak en vir mense sê hoe en wat hulle moet lewe of hulle nou glo of nie. En dit maak mense kwaad. Ons moet mense liefhê met God se liefde en hulle van binne af 'n begeerte laat voel om ook hierdie wonderliek God te wil dien. Laat ons nooit vergeet die taal van God se koninkryk is liefde. En ons moet liefde leef. Nie oordeel nie. Nie haat nie. Maar liefde. En vergifnis. Kom ons wees die vars aangename reuk wat hierdie land vul. In Jesus Naam.