Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Jesus het die geldwisselaars en handelaars uit die tempel terrein gegooi want die huis van die Here moet 'n huis van gebed wees. Henry Nouwen, sĂȘ dat ons dieselfde in ons eie lewens moet doen. Ons is tempels vir die Here. Ons moet onsself leeg maak, sodat God ons kan vul soos Hy wil. 'n Koppie moet eers leeg voor jy iets anders daarin kan gooi. So moet ons onsself ledig aan ons eie-ek, ons begeertes, gedagtes, alles wat plek neem wat die Here toekom. So lees ek iewers die verhaaltjie van Nan-in. 'n Professor het vir Nan-in besoek om navraag te doen oor Zen. En Nan-in het tee ingeskink en net aan hou skink al het die professor se koppie al begin oorloop. En toe die professor dit nie meer kon hou en komentaar lewer: Dis vol. Daar kan nie meer tee in nie! Het Nan-in geantwoord: Net soos hierdie koppie is jy so vol van jou eie opinies en dinge, dat ek vir jou niks kan wys alvorens jy nie jou beker leeg maak nie. Die storie, al glo ek nie in Zen nie, het my diep gevat oor wat alles in die beker van my lewe is. En wat is daar wat ek in die Here se tempel (my lewe) toelaat wat vir Hom 'n aanstoot is. En ek wonder of ek nie dalk ook moet dink in terme daarvan dat my liggaam en my lewe 'n plek van gebed moet wees waar God tuis kan wees. Hierdie 10 dae (van more met hemelvaart af) wat kom wil ek hiermee besig wees. Wil jy nie ook dit doen?