Datum:
Opskrif:
Gedagte:
'n Mens kan lekker met woorde speel. Maar woorde is ook skeppend. 'n Tafel is vandag 'n tafel omdat die een of ander mens die hout-uitvindsel waarop jy goed kon pak 'n tafel genoem het. Iewers sou jy in 'n diep woud iemand kry wat nie daardie begrip het nie. Taal is skeppend. Taal kan mense maak of breek. Ek het 'n Engelssprekende nefie gehad wat graag gesê het "Sticks and stones can break my bones but words can never harm me." Dit is dood gewoon nie so nie. Woorde breek mense. Baie seer wat mense in hul ronddra en ander nie kan vergewe nie het niks te make met fisiese pyn soseer as met woorde en gevoelens. kom ons kies dan eerder om met ons woorde ander op te bou. kom ons breek die Suid-Afrikaanse kultuur om ander met wie ons nie saam stem af te breek in die sterkste taal denkbaar. Wat ek ook opmerk is dat mense in sport iemand sal afbreek wie hul reken nooit in die span moes gewees het nie, maar nie 'n skewe woord sou sê oor 'n geliefde speler nie. Die Here vra dat ons sal liefhê. Laat jou woorde dan liefde wys in hul opbou en in hul gebrek aan afbrekendheid. En as die persoon nou nie jou keuse vir "die span" is nie, dra hulle steeds met woorde wat opbou. Romeine 15:7 "Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God."