Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Psalm 113 herinner my skerp dat ons die Here ons God regtig baie meer moet loof en prys. 1 Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here! 2 Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd. 3 Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word! 4 Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele. 5-6 Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien? 7 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan 8 om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk. 9 Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin, sy word 'n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here! Elke oggend word ons wakker. Die mooiste dae word ons geskenk. Die son skyn warm en breek die nagtelike koud. Ons het genoeg om te eet. Ons is gesond. Dalk is jy gelukkig om terug by die werk te kan wees. My punt is daar is net soveel om voor dankbaar te wees. En as jy begin dink oor wie om te bedank dan besef jy dit is God wat steeds vir ons in hierdie vreemde tye sorg. En dit lĂȘ vir my die grondslag vir nog en meer lofprysing. Ek dink nie ons besef aldag hoe baie God vir ons doen en gee nie. Druk jou neus toe en hou jou asem op vir 5 minute. Die meeste van ons sal dit nie solank kan regkry nie. Dis nie 'n uitdaging nie. Dit is bedoel as 'n herinnering dat elke asemteug is 'n geskenk van God. Wie ophou asem haal hou op met leef. As die digter in vers 5 en 6 skryf van God wat hier op aarde alles sien, dan lees jy in die volgende vers dat sien word doen. Dat God iets doen omtrent die nood. en dit laat my moed skep. Gee hoop. God sien raak wat hier gebeur en God sien nie net nie, by God word sien doen. Wie ervaar wat God doen, moet God loof en prys! Prys die Here!!