Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Nuwe jaar. 2017 Nie een van ons weet wat die nuwe jaar gaan meebring nie. Wat ek wel weet is Wie by my gaan wees. Of, dalk beter gestel, by Wie ek kies om te wees. Die Here Jesus het in Sy eerste groot preek (volgens Matteus) gesê: Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is want aan hulle behoort die koninkryk van God. (Matt 5: 3). Die boek Maleagi sê dat ons God moet eer met die beste deel van ons lewens en nie die oorskietsels nie. En Jesus het ons geleer om God lief te hê met ons ganse menswees. Ek verstaan dat ek vir Hom moet lewe en vir Hom mag lewe. Hoe meer ek na 2017 kyk hoe meer dink ek dat dit wat die allerbelangrikste gaan wees is Wie by jou is en nie soseer wat die jaar gaan inhou nie. Ek bid jou toe die mooiste en beste wat kom in jou saam wees met God. Ek bid dat God self jou sal seën. ‘n Geseënde 2017 vir jou!