Datum:
Opskrif:
Gedagte:
So ter voorbereiding van Sondag se boodskap deel ek 'n paar los gedagtes. Dit is gedagtes wat ek nie in die preek kon inwerk nie maar tog 'n mens dieper laat dink, of so meen ek. Lees Lukas 24: 13 - 35 Vers 13: Die twee mense kon dalk Dalk Cleo en Cleopas volgens ou tradisies gewees Vers 15: Kyk na Jesus se toetrede. Dis op Sy inisiatief. Hy daag net op in hierdie mense se krisis en vasgelooptheid. Die volgende oomblik was Hy net by hulle. Hy bied nie oplossings nie , Hy gee hulle die Woord. En na dit bely hulle hulle harte het warm geword toe hulle die Woord gehoor het. Dink na oor jou eie Bybelstudies, stiltetye. Vers 16: Is dit moontlik om soms in situasies of met mense in hul oë te kyk en Jesus nie te herken nie. Moses by die bos wat iets moes raaksien en nader gaan om te kyk. Vers 28: Hulle is gasvry. Hulle dring aan en nooi Hom in. Vers 33: Hulle ontmoeting met Jesus laat hul dadelik weer 12 km in die nag terugstap. Ontmoetings met Hom beweeg jou. Kom ons berei voor vir die erediens Sondag om 09:00 deur te bid en ons lewens oop te gooi voor God.