Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Die hele gebeure oor die corona virus kan 'n verleentheid wees of 'n geleentheid. Hierdie is 'n geleentheid om jou eie lewe nuut te herdink. Om tot die besef te kom dat God met jou hoef jy nie onrustig of gespanne te raak nie. Ons moet vertrou en naby die Here leef. Iemand het iewers gesĂȘ dat 'n skaap is op sy veiligste by die Herder. Die wolf is nie bang vir die skaap nie maar wel vir die Herder. Maak dus seker waar jy is tov ons Herder. Dit is 'n geleentheid om meer tyd in gebed te spandeer. In plaas daarvan om paniekerig te raak of jou te steur aan allerlei goedkoop boodskappies wat verby flits oor komplotte en oordeelsdae, gaan ons eerder oor tot gebed en ons gesels met ons Hemelse Vader. Ons bid vir al die wat verlore gaan. Ons bid vir Sy Naam om geheilig te word; Sy koninkryk om te kom en Sy wil om te geskied. En ons vra Hom om ons te help om self ook Sy wil te leef soos dit in die hemel geleef word. Gebed verander ons wat bid. En ons word verander deur Hom wat liefde is en ons verander ten goede. So bid as die bekommernisse kom. Bid vir die ekonomie en werksverliese en mense wat op onbetaalde verlof huis toe gestuur word en en en. Hierdie is ook 'n geleentheid om mekaar te dien. Kyk uit vir bejaardes of siekes wat hulp nodig het. Dalk is dit net 'n brood by die kafee te gaan koop. Of sop te gaan afgee. Wees kreatief en neem die geleentheid om God se liefde uit te leef. Praat mense moed in. Wees positief. Daar is rerig al hopeloos teveel doem profete. Wees jy God se lig. Nou dat mense dalk minder gaan rond beweeg bring dit ons as huisgesinne nader aan mekaar. Meer tyd om te gesels en saam te verkeer en saam huisgodsdiens te hou. Soveel mense se gejaagde lewens sit hul gesinslewe onder druk. Wel, nou bring die virus ons tot stilstand. Hierdie is ook 'n geleentheid om God te sien werk. En te besef Hy hou nog steeds vir jou en my in Sy hand. Hy is nog steeds in beheer. Die virus maak God nie afwesig nie. Soos Corrie Ten Boom sou gesĂȘ het "There is no panic in heaven." Ons kan ook rustig in God wees. Wat ons doen is om voorsorg te tref om ander te beskerm.