Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Daar is soveel te leer uit ons eie gedrag. Ons reaksies vandag is dikwels net vorming vanuit die verlede en ons kutuur wat inskop. Ons word kwaad omdat ons iewers geleer het om met woede te reageer. Nou, in ons reis met Jeus saam, ons agter Hom aan deur ons eie lewe, kom 'nmens agter dat ek alles moet afleer wat ek deur die jare aangeleer het. Dalk is die woordjie alles bietjie wyd. Maar daar is baie wat ons mee gemaklik geraak het wat eintlik vir Jesus 'n aanstoot is. En die grootste sondebok is ons eie ek. Vandag kom ek met die uitdaging om terug te blaai op dit wat ons mee besig was die laaste aantal weke. Begin by Matteus 4: 17 se "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom." En vra jou self het ek na daardie erediens ooit weer 'n gedagte hieraan gegee? Wat as my selftevredenheid met my lewe dalk geen tevredenheid by God ontlok nie? Wat as die Here wou hê ook ek moet my bekeer? Dit is opgevolg met Jesus wat mense roep en sê kom volg My. Hy sal hulle vissers van mense maak. En ons het vir mekaar gesê dat dit wat tussen Matteus 4:19 en 28:19 lê is alles wat ek en jy moet leer. Tussen die twee dele lê 'n reis waartydens Jesus ook ons wil vorm. Dit gaan nie gebeur as ons niie gereeld terug gaan op ons spore en kyk of ons nog op Sy spore volg nie. Iemand het gesê 'n koninkryk is daar waar dinge gedoen word en dinge gebeur soos die koning dit wil hê. In ons geval soos God ons Koning dit wil hê. Ek moet seker maak ek leef en doen soos my Koning dit wil hê. Jesus het ons geleer dat ons diens aan God, ons gehoorsaamheid meer moet wees as die van die fariseërs. Hulle was nogals uiterlik nougeset op die leef van die wet. Ons moet uit die hart uit die wet leef. En later het Jesus die wet saamgevat in die liefdesgebod. Dus moet ons liefhê, God liefhê, mekaar liefhê en selfs ons vyande (lg 5:44) Jesus het ook gepraat oor ja wat ja moet wees, en versoening en nie jou medemens name noem nie. Egskeiding. Vergelding. My vraag is net dit: Bid jy steeds dat God jou hart sal verander sodat jy kan leef soos die koninkrykslewe vereis? Laat Jesus dit vir jou maklik maak, deur Hom te vra om jou hart te verander. En begin bid, daagliks, dat God jou eie ek sal hellp om te verdwyn sodat God jou kan vul met die wonderlike van dit waartoe Hy ons roep.