Datum:
Opskrif:
Gedagte:
In Matteus 4 lees ons hoe Jesus dissipels roep: "Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak." Ek lees sekere werkwoorde raak: Kom. Kom saam (met Jesus). En dan maak. Jesus maak ons ... Ek glo dat dit steeds vir elkeen van ons 'n daaglikse oefening moet wees. elke dag kom ek opnuut na Jesus, maak ek opnuut die keuse om Hom vandag te volg soos Hy my lei. En elke dag word ek steeds geleer hoe om vissers van mense te wees.En dan doen ek soos ek geleer word. In Matteus 28 lees ek: "Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Hierdie keer is die opdrag "Gaan!" Gaan maak dissipels. En leer hulle. Tussen hierdie twee dle lê die bergpreek en baie ander leringe van Jesus en gebeure of voorbeelde van hoe om dissipels te wees en hoe om dissipels te maak. Elke vers is 'n lering wat ingeoefen kan word. Maar dit gebeur maar min. Vandag doen ek in die Here se Nam 'n beroep op jou: Kom. Leer. Gaan maak. Dit is God se wil vir jou.