Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Volksblad Omgeefonds. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 19 Nov 09:00 Erediens en Kinderkerk. 10:00 Kategese afsluiting. 17:00 Selgroep. 19:00 Kerssangdiens. 2. Maandag 20 Nov 16:00-19:00 Bloedskenk in die Gemeentesaal. 3. Dinsdag 21 Nov 09:00 Geen Bybelstudies of Gebedsgroep. 18:30 Biduur. 4. Donderdag 23 Nov Toeka Tieners byeenkoms in die gemeentesaal. 5. DV Sondag 26 November 2017 – Nagmaal. 6. Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 7. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke. Plaas net weer een terug vir die wat u neem. 8. Daar is verskeie skinkorde en borde in die kerk se besit wat aan dames behoort wat vir ons eetgoed skenk vir funksies en begrafnisse. Indien iemand ‘n bord of houer van hul vermis kontak Ria. 9. Met die kerkraadsvergadering gehou Woensdag 08 November is die vlg persone herkies as: Ouderlinge: Buks Havenga, Cecile Mudde, Sannie Wentzel, Willem Enslin, Marie Jansen van Rensburg, Frans Erasmus en Willem Jansen van Vuuren. Diakens: Hester Erasmus, Willette Enslin, Pieter Malan, Yvonne Johnson, Susan Claassen, Cora Venter, Riana Malan, Michelle Coulson, Magda Brand Jackie van der Merwe en Gideon Oosthuizen. Gekies as ouderling: Hilda Lotter, Anna Duvenhage en Gerda Henning. U voorbidding word gevra in die verband. 10. Indien enige lidmaat se besonderhede intussen verander het, bv. Adres, selfoonnommer en huwelikstatus kontak asb die kantoor.