Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gryse Jeug Tehuis. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 05 Nov 09:00 Erediens en Kinderkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 07 Nov Ringsleraars. Geen Gebedsgroep of Bybelstudies. 18:30 Biduur. 3. Woensdag 08 Nov 18:30 Kerkraadsvergadering. Vra u voorbidding in die verband. 4. Donderdag 09 Nov 18:30 Sanggroep. 5. Sondag 19 Nov 19:00 KERSSANGDIENS. 6. Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 7. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke. Plaas net weer een terug vir die wat u neem. 8. Daar is verskeie skinkorde en borde in die kerk se besit wat aan dames behoort wat vir ons eetgoed skenk vir funksies en begrafnisse. Indien iemand ‘n bord of houer van hul vermis kontak Ria. 9. Wyksindelings: Blok B – Blokouderling: Tharien Claassen. Blokdiaken: Rita Malherbe. Wyk 7 - Lana van Heerden staan in as diaken en ouderling. Wyk 8 - Diaken: Michelle Coulson en ouderling: Jan Strydom. Wyk 9 - Diaken: Riana Malan en ouderling: Hester Coulson. Wyk 10 - Diaken: Cora Venter en ouderling: Rudolf Venter. Wyk 11 - Diaken: Lalie Coetzee en ouderling: Piet Hanekom. Wyk 12 – Diaken: Susan Claassen en ouderling: Sannie Wentzel. Wyk 13 - Marie van Rensburg staan in as diaken en ouderling. Wyk 14 – Diaken: Yvonne Johnson en ouderling: Johan Niemand. 10. Indien enige lidmaat se besonderhede intussen verander het, bv. Adres, selfoonnommer en huwelikstatus kontak asb die kantoor. 11. Glimlag projek. Ons maak weer kersklappers om bejaardes en weeskinders se gesigte op te helder. Kontak Atha Kruger vir meer inligting 0822941257