Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Bybels. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 29 Okt 09:00 Erediens en Kinderkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 30 Okt 18:30 Diens van hoop en vertroue in God. Dit sluit in ootmoed en hartseer oor so baie moord en dood. 3. Dinsdag 31 Okt 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 18:30 Biduur. 4. Donderdag 02 Nov 17:30 Helplift vergader. 18:00 Vaalmarina Kleingroep. 18:30 Sanggroep. 5. Woensdag 08 Nov 18:30 Kerkraadsvergadering. Vra u voorbidding. 6. Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 7. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke. Plaas net weer een terug vir die wat u neem. 8. Daar is verskeie skinkorde en borde in die kerk se besit wat aan dames behoort wat vir ons eetgoed skenk vir funksies en begrafnisse. Indien iemand ‘n bord of houer van hul vermis kontak Ria. 9. Wyksindelings: Blok A – Blokouderling: Buks Havenga Blokdiaken: Riana Malan. Wyk 1 - Diaken: Magda Brand en ouderling: Buks Havenga. Wyk 2 - Tharien Claassen staan in as diaken en ouderling. Wyk 3 - Diaken: Anta Marx en ouderling: Cecile Mudde. Wyk 4 - Diaken: Gideon Oosthuizen en ouderling: Christo Claassen. Wyk 5 - Diaken: Tina Odendaal en ouderling Juan v.d. Westhuizen. Wyk 6 – Diaken: Jackie v.d. Merwe en ouderling: Lottie Campher. 10. Indien enige lidmaat se besonderhede intussen verander het, bv. Adres, selfoonnommer en huwelikstatus kontak asb die kantoor.