Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Vennootskappe: Lesotho. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 21 Mei 09:00 Nagmaal en Kinderkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Nagmaal. 2. Maandag 22 Mei 18:30 Basaarbeplanning. 3. Dinsdag 23 Mei 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 18:30 Gebedsgeleentheid. 4. Donderdag 25 Mei 16:00 Hemelvaartdiens. 18:30 Hemelvaartdiens. 5. Donderdag 25 Mei Kerkkantoor gesluit. 6. Met die kerkraadsvergadering gehou, Woensdag 10 Mei 2017, is die volgende persone gekies as ouderlinge: Christo Claassen en Juan van der Westhuizen. Gekies as diaken: Aricia Kirkpatrick. Ons vra u voorbidding. 7. Pinksterweek: Maandag 29 Mei tot Vrydag 02 Junie het ons diens elke middag om 16:00 en Maandag tot Donderdag om 18:30 in die aand. Vrydag 02 Junie 18:30 Jeugaand in die gemeentesaal. 8.Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 9.Sasol Jeugsorgsentrum: Deur die loop van die maand sal daar ‘n mandjie in die voorportaal wees. Enige droeë produkte of blikkieskos kan daar- in geplaas word. Vir meer inligting kontak Rita Malherbe 082 562 2521. 10.Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die nodige material vir die verskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie. 11.Basaar – Vleisbestellings kan by Lana geplaas word. Sopvleis R65.00. Maalvleis R60 per kg en Wors R65 per kg. Benodig gebak vir die koektafel. 12. Basaar. Jaffels kan bestel word by Marisa, Buks of Tjaart. R20 per jaffel. 13.Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke. Plaas net weer een terug vir die wat u neem.