Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Bybels. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 16 Apr 09:00 Erediens. 2. Maandag 17 Apr Kantoor gesluit. 3. Dinsdag 18 Apr 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 16:00 Gebedsgeleentheid 18:30 Gebedgeleentheid 4.Woensdag 19 Apr 14:30 Vrouediens. 18:00 Instandhoudingsvergadering. 18:30 Eredienskommissie. FK vergadering skuif na 26 Apr 2017. 5. Donderdag 20 Apr 10:00 Toeka Tieners Damestee. 17:30 Helplift vergader. 18:30 Vaalmarina Kleingroep. 6.Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 7.Sasol Jeugsorgsentrum: Deur die loop van die maand sal daar ‘n mandjie in die voorportaal wees. Enige droeë produkte of blikkieskos kan daar- in geplaas word. Vir meer inligting kontak Rita Malherbe 082 562 2521. 8.Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die nodige materiaal vir die onderskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie. 9.Basaar – Vleisbestellings kan by Lana geplaas word. Sopvleis R65.00. Maalvleis R60 per kg, Wors R65 per kg en Voor- en agterkwarte R55 per kg. 10.Biblioteek – in die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke. Plaas net weer een terug vir die wat u neem.