Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Christelike Lektuurfonds. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 02 Apr 09:00 Erediens. 2. Dinsdag 04 Apr Geen Bybelstudies of Gebedsgroep. 3. Basaar – Die handwerktafel benodig asb kurkproppe. Kontak vir Tertia 082 825 6157. 4. Lydensweek – Daar sal vanaf Maandag 10 April tot Woensdag 12 April dienste wees om 18:30. 5. Aandnagmaal – Donderdag 13 April om 18:30. 6. Goeie Vrydag – Diens om 08:00. 7. Lidmaatskappe ontvang – vanaf NG Drie Riviere: Renetta Isabella Vosloo. Vanaf NG Dalpark: Pierre Jozef Marius Coetzee, Ulandi Coetzee, Liesche Coetzee, Liam Coetzee en Juan-Michael Coetzee. 8. Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 9. Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die nodige materiaal vir die onderskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie. 10. Basaar – Vleisbestellings kan by Lana geplaas word. Indien daar ge- noeg bestellings ontvang word, sal die eerste beeste in die eerste week van April geslag word. Maalvleis R60 per kg, Wors R65 per kg en Voor- en agterkwarte R55 per kg. 11. Biblioteek – in die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke. Plaas net weer een terug vir die wat u neem.