Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 26 Mrt 09:00 Erediens en Kinderkerk. 10:00 Kategese afsluiting. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 28 Mrt 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 3. Vrydag 31 Mrt VLU Wegneem-etes: Pannekoek en Vetkoek. Kontak Lana 083 335 6796. 4. Saterdag 25 Mrt Verkoop die vrouediens panne- koek voor Venter Sand ten bate van die Basaar. 5. Basaar – Die handwerktafel benodig asb kurkproppe. Kontak vir Tertia 082 825 6157. 6.Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 7.Sasol Jeugsorgsentrum: Deur die loop van die maand sal daar ‘n mandjie in die voorportaal wees. Enige droeë produkte of blikkieskos kan daar- in geplaas word. Vir meer inligting kontak Rita Malherbe 082 562 2521. 8. Wille Weste aand – Saterdag 01 April by Ben en Ena se plot te Vaalmarina vanaf 17:00. Bring eie stoele en ietsie om te drink. Daar sal koeldrank wees. Daar sal pryse wees vir die beste gekleedste persoon. Kostes beloop R100 per persoon. Fondse te bate van die NG Gemeente. 9.Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die no- dige materiaal vir die onderskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie. 10. Basaar – Vleisbestellings kan by Lana geplaas word. Indien daar ge- noeg bestellings ontvang word, sal die eerste beeste in die eerste week van April geslag word. Maalvleis R60 per kg, Wors R65 per kg en Voor- en agterkwarte R55 per kg.