Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gemeentelike Ondersteuning. Leraar: Ds. Andrè du Toit. 1. Sondag 19 Mrt 09:00 Erediens en Kinderkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 20 Mrt Kerkkantoor is gesluit. 3. Dinsdag 21 Mrt Menseregtedag. Geen Gebedsgroep of Bybelstudies. 4. Donderdag 23 Mrt Toeka Tieners kom by kerk byeen. 17:30 Helplift vergader. 5. Basaar – Die handwerktafel benodig asb kurkproppe. Kontak vir Tertia 072 590 0697. 6.Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 7.Sasol Jeugsorgsentrum: Deur die loop van die maand sal daar ‘n mandjie in die voorportaal wees. Enige droeë produkte of blikkieskos kan daar- in geplaas word. Ons wil dit graag op die 26ste Maart vir hulle saamgee. Vir meer inligting kontak Rita Malherbe 082 562 2521. 8. Wille Weste aand – Saterdag 01 April by Ben en Ena se plot te Vaalmarina vanaf 17:00. Bring eie stoele en ietsie om te drink. Daar sal koeldrank wees. Daar sal pryse wees vir die beste gekleedste persoon. Kostes beloop R100 per persoon. Fondse te bate van die NG Gemeente. 9.Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die no- dige materiaal vir die onderskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie.