Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. Dirk Du Preez DEURKOLLEKTE: GEEN 1. Sondag, 01 Mrt. 09:00 – Erediens (Besoek deur Francois vd Merwe van Geopende Deure) (Kleuterkerk) 10:00 – Kategese & KKNK 10:30 – Vaalmarina Erediens 2. Dinsdag, 03 Mrt. 18:30 – Gebedsgeleentheid 3. Donderdag, 05 Mrt. 08:00 – 12:00 – Klereverkope 4. Vrydag, 06 Mrt. 18:00 – Souled-out Youth 5. Saterdag, 07 Mrt. 2026 10:00 – Wêreldbiddag vir Mans en Vrouens 6. 14 Maart 2026 11:00 - STEPHAN JOUBERT Kaartjies nou beskikbaar @ R100 per persoon. Daar is ook looitjies te koop vir die gehekelde deken by Atha of Isabel. 7. Verkiesing van kerkraadslede Die volgende persone is tot die kerkraad verkies met die Kerkraadsvergadering gehou op 11 Februarie 2026: Ouderlinge: Diakens: 1. Jaco Swart 1. Yolande Swart 2. Rudolf Lubbe 2. Barbara Lubbe 3. Marius Mahne 3. Martie Terblanche 8. Broodblik Daar sal elke Sondag buite by die kantdeur ‘n brood beskikbaar wees vir die wat dit benodig. 9. #liefdeinemmers Daar is ‘n groot behoefte vir mediese toerusting (veral rolstoele), indien iemand kan help. 10. Besoeke Indien jy huisbesoek of siekebesoek benodig, kontak asb. die kantoor.