Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Teologiese Studente Ondersteuningsfonds. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 19 Feb 09:00 Erediens en Kinderkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 21 Feb 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 16:00 en 18:30 Biduur. 3. Donderdag 23 Feb 17:30 Helplift vergader. 4. DV Vaalmarina nagmaal So 19 Febr om 18:00 en Deneysville DV Sondag 26 Feb om 09:00 – Nagmaal. 5. Vrydag 3 Maart om 10:00 – Wêreldbiddag vir Vroue. 6. Met die kerkraadsvergadering gehou 08 Februarie 2017, is die volgende persone gekies as Ouderlinge: Koos Marx, Gerrit Viljoen,Johan Niemand en Dirk du Preez. As aflosdiaken is Lydia du Preez gekies. Ons vra u voor- bidding in die verband. 7.Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 8.Sasol Jeugsorgsentrum: Daar bestaan ‘n groot behoefte vir vars groente en vrugte. Daar word beoog om die skenkings Sondag 19 Feb voor die kansel op die trappe te plaas. Indien iemand voor die datum enige skenk- kings wil doen, kan die nodige informasie rakende die kinderhuise by die kantoor verkry word of skakel Rita Malherbe 082 562 2521.Voorbaat dankie. 9.Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die no-dige materiaal vir die onderskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie.