Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. D.M. Du Preez DEURKOLLEKTE: BYBELGENOOTSKAP 1. Sondag, 13 Okt. 09:00 – Erediens (Kleuterkerk tydens diens) 10:00 - Kategese Sanggroep-oefening na koffie. 18:00 – Vaalmarina Erediens 2. Verkondig die woord-maand 1. Daar is Bybels in die voorportaal, neem asb. een as u ‘n Bybel kort of van iemand weet wat een kort. 2. In die voorportaal is daar christelike boeke uit ons Boeke-hoekie. Neem gerus en bring weer terug of vervang met ander. 3. Daar is ‘n muntlegging voor in die kerk vir Bybelverspreiding. 3. Sondag, 13 Okt. Bybelgenootskap kom ons toespreek. Daar sal ook deurkollekte gehou word vir Bybelverspreiding. 4. Maandag, 14 Oktober 18:00 – Feeskomitee 5. Dinsdag, 15 Oktober 10:00 – Bybelstudie 18:30 – Gebedsgeleentheid 6. Woensdag, 16 Oktober 12:00 – Vrouediens 7. Vrydag, 01 November Gholfdag by Herons Bank t.b.v. NG Deneysville. Meer inligting kan bekom word by Renita Lombard op 082 416 1710. 8. Vrydag, 29 November Kuns uitstalling en veiling t.b.v. Barm-hartigheid. 9. Wildsvleis Wildsvleis te koop by die kantoor. Kontak Atha by die kerkkantoor. 10. Besoeke Indien jy huisbesoek of siekebesoek benodig, kontak asb. die kantoor. 11. Inligtingsveldtog 2024 Ons is tans besig om die gemeente se databasis op te dateer (volgens die Poppia Wet). Ons vra asb. u samewerking in hierdie verband. Elke gesin moet asb. ‘n nuwe vorm invul. Vorms is beskikbaar per epos/WhatsApp of in die voorportaal en kan weer per epos (ngdeneysville@outlook.com) / WhatsApp (016 371 1405) of skriftelik (aan Atha by die Kantoor) teruggegee word. Kontak asb. vir Atha in die Kerkkantoor indien u enige navrae het op 016 371 1405.