Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Bybels. 1. Sondag 01 Jan 09:00 Erediens. 2. Week van Gebed: Maandag 09 Jan tot Vrydag 13 Jan om 18:30. 3. Helplift: Skenkings van brode sal waardeer word, wat aangewend word vir die maak van toebroodjies weekliks by die kliniek in die dorp vir pasiënte sowel as die laerskool. Kontak Lana 083 335 6796. Voorbaat dankie. 4. Die Toep(APP) is tans net beskikbaar vir Android fone ek kan geinstalleer word by http://www.deneysville.ng.org.za/Android/ Die toep kan ook met jou rekenaar/foon op die internet besigtig word by www.ngden.co.za 5. Nissies – ‘n Laserstraal wat opgekonnekteer is met ons alarmstelsel is aangebring vir veiligheidsdoeleindes. Kontak Ria vir die tye wat die alarm geaktiveer is vir u gerief. 6. Instandhouding: Enige persone wat hierby betrokke wil raak, neem asb ‘n vorm in die voorportaal. Ons benodig slegs u kennis en arbeid. Die nodige materiaal vir die onderskeie take sal deur die kerk verskaf word. Kontak die kerkkantoor met u voltooide vorm. Voorbaat dankie. 7. Belydeniskommissie vergader Saterdag 14 Jan 2017. 8. Week van gebed 2017 9 - 13 Januarie 2017 Jesus se hart. Hoekom juis hierdie tema? Gebed verander jou. Gebed is waar jy God toelaat om jou te verander en te vernuwe. Hierdie jaar gaan ons die Here vra om ons te vernuwe en sodoende ook die wêreld om ons. Gebed is ook waar God na ons luister en ons wêreld verander. Hoekom ‘n week van gebed? Ja, voorbidding vir die jaar. Maar ook sodat ons vernuwe kan word deur God. En ook omdat ons nie reaktief is nie. Baie mense wag vir die krisis, die droogte, onaanvaarbae vlakke van geweld ensomeer en dan word daar biddae dooroor uitgeroep. Dit is tog immers beter om saam as ‘n groep / God se familie voor enige krisis die jaar wat voorlê met God te bepraat. Maandag: Sodat Jesus alhoemeer gestalte in ons kry. (oa Gal 4: 8 - 20) Dinsdag: Wees ‘n oes vir God, soos Jesus. (Joh 12: 24) Lees Joh 12: 20 – 36) Woensdag: Wees iemand wat ander se dors les. (Joh 7: 37 – 39) Donderdag: Moenie oordeel nie. (Joh 8: 1 ev; Efes 4: 29; Bergrede.) Vrydag: Sien die nood en kry innig jammer. (Matt 14: 13 – 21) 9. Voorbidding: 10. Oorlede: