Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. D.M. Du Preez DEURKOLLEKTE: GEEN 1. Sondag, 08 September 09:00 – Erediens (Kleuterkerk tydens erediens) 10:00 – Kategese 17:00 – Vaalmarina Erediens 2. Dinsdag, 10 September 10:00 - Bybelstudie 18:30 – Gebedsgeleentheid 3. Woensdag, 11 September 10:00 – Barmhartigheidsvergadering 15:00 - Vrouediens 4. Vrydag, 13 September Kategese : Pizza Rally Meer inligting te kry by jou kategeet. 5. Lidmaatskap ontvang: Vanaf NG Drakensberg Vallei: Kobus & Sannie Louw 6. Saterdag, 05 Oktober Potjie-Opskop Kaartjies is beskikbaar by die kantoor. Moenie die geleentheid misloop nie! 7. Vrydag, 01 November Gholfdag by Herons Bank t.b.v. NG Deneysville. Meer inligting kan bekom word by Renita Lombard op 082 416 1710. 8. Vrydag, 29 November Kuns uitstalling en veiling t.b.v. Barm-hartigheid. 9. Klereverkoping Ons beoog om ‘n somer klere-verkoping t.b.v. Barmhartigheid te hou begin Oktober. Wanneer jy jou kas regkry vir die lang-verwagte somer, onthou asb. dat ons enige donasies sal waardeer. 10. Wildsvleis Wildsvleis te koop by die kantoor. Kontak Atha by die kerkkantoor. 11. Besoeke Indien jy huisbesoek of siekebesoek benodig, kontak asb. die kantoor. 12. Groentetuin-projek Ons benodig nog die volgende, indien u kan help: 1. Plantjies / saad 2. Geswete kraalmis 3. 1 000 l watertenk / flowtank 4. Tuingereedskap 13. Inligtingsveldtog 2024 Ons is tans besig om die gemeente se databasis op te dateer (volgens die Poppia Wet). Ons vra asb. u samewerking in hierdie verband. Elke gesin moet asb. ‘n nuwe vorm invul. Vorms is beskikbaar per epos/WhatsApp of in die voorportaal en kan weer per epos (ngdeneysville@outlook.com) / WhatsApp (0163711405) of skriftelik (aan Atha by die Kantoor) teruggegee word. Kontak asb. vir Atha in die Kerkkantoor indien u enige navrae het op 0163711405. 14. 1. Verkiesing van kerkraadslede Die volgende persone is herverkies/verkies tot die kerkraad: 1. Nick Gouws (herverkies as ouderling) 2. Johann Potgieter (herverkies ouderling) 3. Piet Hanekom (herverkies ouderling) 4. Johan Du Preez (herverkies ouderling) 5. Sampie Kuhn (Herverkies ouderling) 6. Isabel vd Merwe (herverkies diaken) 7. Ina Human (herverkies diaken) 8. Annette Potgieter (herverkies diaken) 9. Sandra Du Preez (herverkies diaken) 10. Lynette Vermaak (verkies as diaken) 11. Pieter Vermaak (verkies as ouderling) 12. Marthinus vd Westhuizen (herverkies dianken)