Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. D.M. Du Preez DEURKOLLEKTE: GEEN 1. Sondag, 25 Augustus BYBEL SONDAG 09:00 – Erediens (Kleuterkerk tydens erediens) 10:00 – Kategese 17:00 – Vaalmarina Erediens Aktuele Diens Tema: Is Israel steeds God se uitverkore volk? 2. Dinsdag, 27 Augustus 18:30 – Gebedsgeleentheid (Bespreking van aktuele diens) 3. Lidmaatskap ontvang Jan Abram van der Walt, Dina Johanna van der Walt, Monica van der Walt en Nikita van der Walt, Cornelius Wantenaar Burger, Catharina Maria Du Plessis (nou Burger), Pieter Pieters, Barend Albert Smit, Henriette Annandale, Piet Lombard, Stephanus Nicholas Fourie, Maryke Wilhelmina Van Mollendorff (nou Fourie), Andre Smith, Carina Smith, Frederick Johannes Smith, Magdalena Chaterina Spray en Martin Francis Kotze 4. Vrydag, 13 September Kategese : Pizza Rally Meer inligting te kry by jou kategeet. 5. Saterdag, 05 Oktober Potjie-Opskop Kaartjies is beskikbaar by die kantoor. Moenie die geleentheid misloop nie! 6. Vrydag, 29 November Kuns uitstalling en veiling t.b.v. Barmhartigheid 7. Wildsvleis Wildsvleis te koop by die kantoor. Kontak Atha vir bestellings. 8. Groentetuin-projek Baie dankie aan elkeen vir al die 2liter bottels ingesamel. Ons benodig nog die volgende, indien u kan help: 1. Plantjies / saad 2. Geswete kraalmis 3. 1 000 l watertenk / flowtank 4. Tuingereedskap 9. Inligtingsveldtog 2024 Ons is tans besig om die gemeente se databasis op te dateer (volgens die Poppia Wet). Ons vra asb. u samewerking in hierdie verband. Elke gesin moet asb. ‘n nuwe vorm invul. Vorms is beskikbaar per epos/WhatsApp of in die voorportaal en kan weer per epos (ngdeneysville@outlook.com) / WhatsApp (0163711405) of skriftelik (aan Atha by die Kantoor) teruggegee word. Kontak asb. vir Atha in die Kerkkantoor indien u enige navrae het op 0163711405.