Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. D.M. Du Preez DEURKOLLEKTE: GEEN 1. Sondag, 21 Julie 09:00 – Erediens (Kleuterkerk tydens diens) 10:00 – Kategese 17:00 – Vaalmarina Erediens 2. Dinsdag, 23 Julie 10:00 - Bybelstudie 18:30 - Gebedsgeleentheid 3. Woensdag, 24 Julie 18:30 – InPas begeleiersvergadering 4. Muntlegging vir Bybelgenootskap 2024 Wonder jy wat om met al die munte te doen wat jou beursie so swaar maak? Kom ons maak dit bymekaar vir ‘n goeie doel. Daar is houertjies in die voorportaal beskikbaar. 5. Vrydag, 29 November Kuns uitstalling en veiling t.b.v. Barmhartigheid. Hou hierdie datum oop! 6. 31 Augustus 2024 NG Kerk Oranjeville – Dankfees 7. Saambring-Sondag Volgende Saambring-Sondag is 04 Augustus. Julie-maand : Soppakkies (in voorportaal) Augustus-maand : Pasta en rys 8. Groentetuin-projek Ons is asb. opsoek na leë 2liter bottels vir ons groentetuin-projek. Bottels kan by die kantoor ingegee word. 9. Inligtingsveldtog 2024 Ons is tans besig om die gemeente se databasis op te dateer (volgens die Poppia Wet). Ons vra asb. u samewerking in hierdie verband. Elke gesin moet asb. ‘n nuwe vorm invul. Vorms is beskikbaar per epos/WhatsApp of in die voorportaal en kan weer per epos (ngdeneysville@outlook.com) / WhatsApp (0163711405) of skriftelik (aan Atha by die Kantoor) teruggegee word. Kontak asb. vir Atha in die Kerkkantoor indien u enige navrae het op 0163711405.