Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 22 Nov 09:00 Erediens. 10:00 Kategese. 19:00 Kerssangdiens. 2. Dinsdag 24 Nov 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 18:30 Gebedsgeleentheid. 3. Daar is wildspatties by die kantoor te koop, R60 per kg. 4. Sondag 22 November is dit Kerssangdiens. Bring asb u eie stoel saam. Die diens sal buite op die terrein geskied en motors moet asb op die erf langs die gemeentesaal of buite die terrein parkeer. 5. Met die kerkraadsvergadering gehou 11 November 2020 , is die volgende persone gekies as: Diakens: Amanda Kotzè. Ouderlinge: Martin Kotzè, Peet Schabort en Ockert Breytenbach. Herkies as ouderlinge: Piet Hanekom en Susan Venter. Herkies as diakens: Ina Human, Joan Rheeder, Lana van Heerden en Marthinus van der Westhuizen. 6. Sondag 29 November 2020 – Dankbaarheidsdiens. Gratis ete word aangebied. Bring net u eie gesin, kampstoel, eetgerei en ietsie vir die dors. Bespreek asb by die kerkkantoor voor Donderdag. Graag wil ons hierdeur ons dankbaarheid getuig aan ons Hemelse Vader. 7. Tender – Verskeie items kan Donderdae besigtig word tydens kantoorure. Sluitingsdatum vir die tenderindienings is 25 November om 12:00. Items beskiksbaar: 1 Weberbraaier (charcoal tipe), 1 skryftafel, 1 Gasbraaier (5 Branders) en 1 Murray “ride on” grassnyer. Onlangs gediens maar kort net ‘n battery. 8. Saterdag 5 Des, hier op die kerkterrein hou ons ‘n “carboot sale.” Staanplek beloop R50 per motor. Geen voorbereidings by die kerk. Alle artikels vir verkope moet alreeds voorberei wees met aankoms. Staanplek kan vooraf by die kantoor bespreek en betaal word.