Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Bybels. Leraar: Dirk du Preez. 1. Sondag 22 Mrt 09:00 Erediens. 2. Dinsdag 24 Mrt 09:00 Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Woensdag 25 Mrt 18:30 Widsfeesbeplanning. 4. Daar is wildspatties by die kantoor te koop, R60 per kg. 5. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 6. Saterdag 28 Maart 2020 – Hengelkompetisie – Zwartfontein Hengel Oord. Kostes beloop R50. Gemeente piekniek. Kontak Hannes Venter. Is vir eers uitgestel. 7. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2020. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 8. Die konsert wat geskeduleer was vir Vrydag 3 April 2020 is vir eers op ys geplaas.