Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Begin vandag soos altyd met dank gebede. Kom ons sê saam dankie vir die goeie reën; vir nog 'n nuwe dag ons gegun; vir werk en gesondheid. Vir die voorreg om in God se teenwoordigheid te mag leef. Vir genade op genade. En veral vir God se liefde wat so kosbaar en groots is. Ek sluit aan ter wille van kontinuiteit by 'n vorige keer: Hierdie drie sake is vir die God belangrik. Mag dit vir ons ook belangrik wees.. Hier is die drie sake: (Bid asb uit die hart uit hieroor) 1. Laat U Naam geheilig word. Ons wil in hierdie gemeente so leef en so wees, dat dit nie oneer aan God se heilige Naam bring nie. Ons bid daarom dat elke daad en woord en gesindheid sal kom uit 'n plek wat die aller heiligste respek en agting vir God het. Bid asb dat dit so sal wees vir ons. 2. Laat U koninkryk kom. Ek het hierdie versugting, hierdie verlange dat hier in Deneysville en omstreke mense iets van die wonder van God se koninkryk mag beleef, 'n Koninkryk is natuurlik daar waar dinge gebeur soos en hoe en wanneer die koning dit wil. Bid asb dat in hierdie gemeente, en dus elke lidmaat se lewe, ook jou en my lewe, alles sal gebeur presies soos God dit wil hê. Hierdie is natuurlik 'n dissipelsgebed. 'n Dissipel begeer dat God se ryk mag kom en mag uitbrei en groei. 3. Laat U wil geskied. Wat ek vra jy voor moet bid is: a) Dat jy elke dag jou keuses sal maak, jou dinge sal beplan, 100% volgens God se plan en wil. Dat jy / ons dit wat God wil sien gebeur net so presies en volledige ne noukeurig sal doen soos wat dit in die hemel gebeur. ek dink jy besef hoe baie ons hieroor moet bid. Dit is nie vir vinnig opsê en aanbeweeg na ons daaglikse behoeftes toe nie. b) Bid nou dieselfde vir elkeen in hierdie gemeente. Ons dra mekaar hierin. Dink jou nou in hoe anders kan Deneysville en omgewing wees as ons aanhou bid hiervoor en aanhou om self dit te leef. so kom ons maak hierdie drie bedes nie net gebede nie maar gewoontes wat ons leef ook. Ek het 'n droom, en ek sal dit waardeer as jy saam met my hiervoor sal bid: Ek droom dat elke lidmaat van Deneysville gemeente so passie vol en lief sal wees vir God, gevul met die Heilige Gees dat ons almal God 100% sal dien soos God dit wil. Dat niks teveel gevra of teveel moeite sal wees as dit oor die Here gaan en oor Sy werk. Kan ek jou uitnooi om deel te wees van hierdie droom ook. Bid vir die gemeente ook vir: Finansies Projekte: hengel en basaar Vrydag se vroue biddag Sondag se eredienste: Hierdie reis met Jesus aan die hand van Matteus is vir my maak of breek belangrik. Dit kan lewensveranderend wees as ons on oopstel vir die Gees se werking en werklik toe te laat dat Hy ons van ons hart af her opbou en oor bou. Bid asb vir sulke wonderwerke. Verdieping in ons geloof. Groei in die bywo ing van die erediens. Ons bid ook vir: Reën. Opvolg reën en vol damme en nat lande en veld. Goeie oesjaar vir die boere. Dis ons kos van more wat ons hieroor bid. Veiligheid op die plase. Veiligheid orals in die land. Teen die onteienings en ander verkeerdhede wat die regering beplan. Bid dat God ons sal lei. Bid vir die mense met Covid of corona virus. En teen die verdere verspreiding. Vir misdadigers en korruptes en bose mense om tot bekering te kom. Vir werksgeleenthede. Groei in die ekonomie ten spyte van die regering. Bid vir klein sake manne wat swaar trek onder die ekonomie en loadshedding en arbeidswetgewing. Bid vir vrede in die land. Skole en onderwys. Siekes: Hendrik S; LC; Oba; MagdaB; MagdaS; DeonS; AttieB; SuMari; JanS; AlmienM; Eben VM;