Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gryse Jeug Tehuis. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 23 Feb 09:00 Nagmaal. 10:00 Kategese. 18:00 Vaalmarina Nagmaal. 2. Dinsdag 25 Feb 09:00 Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3.Woensdag 26 Feb 18:30 Basaarbeplanning. Benodig sameroepers by poeding en naaldwerk, sowel as helpers. 4. Donderdag 27 Feb Toeka Tieners - saal. 5. Daar is wildspatties by die kantoor te koop. R12 elk, 200mg of R60 per pak van 5. 6. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 7. Wêreldbiddag vir Vroue – Vrydag 06 Maart 2020 om 10vm. Tee sal bedien word na die diens. 18:30 – Diens vir mans – Geen tee. 8. Saterdag 28 Maart 2020 – Hengelkompetisie – Zwartfontein Hengel Oord. Kostes beloop R50. Gemeente piekniek. Kontak Hannes Venter. 9. Met die kerkraadsvergadering gehou 12 Feb 2020, is die vlg persone Gekies as diaken: Yvonne Johnson vir wyk 10 en as ouderlinge: Tharien Claassen, Fanie Jacobs, Isabelle van der Merwe, Gideus Nel, Retha Muller en Johan Verster. 10. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2020. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 11. Elke eerste Sondag van ‘n maand 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers. (Vanaf Feb 2020)