Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Instandhouding. 1. Sondag 16 Feb 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 18 Feb Geen Bybelstudie. Geen Gebedsgroep. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Donderdag 20 Feb 18:30 Vaalmarina Kleingroep. 4. Sondag 23 Feb 09:00 Nagmaal. 5. Woensdag 26 Feb 18:30 Basaarbeplanning. Benodig sameroepers sowel as helpers asb. 6. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 7. Lidmaatskappe ontvang vanaf NG Kemptonpark: Michiel Frederik Botha, Riana Janse van Rensburg, Stephanus Lourens Janse van Rensburg, Maria Elizabeth Brand, Mariette Nortjè, Taylin Janse van Rensburg, Elaine Nortjè en Magda du Toit. 8. Met die kerkraadsvergadering gehou 12 Feb 2020, is die vlg persone Gekies as diaken: Yvonne Johnson vir wyk 10 en as ouderlinge: Tharien Claassen, Fanie Jacobs, Isabelle van der Merwe, Gideus Nel, Retha Muller en Johan Verster. 9. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2020. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 10. Elke eerste Sondag van ‘n maand 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers. (Vanaf Feb 2020) 11. Mini Basaar, Saterdag 22 Feb 2020 ten bate van die Sasolburgse Kinder- huise. 9 vm, Riemland 27, Sasolburg, Hoëveld Slaghuis. Stalletjies R150 elk. Vir meer besonderhede kontak die kantoor. 12. Wêreldbiddag vir vroue 06 Maart 2020 om 10:00 en 18:30. Mans is ook welkom.