Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Sasolburg Jeugsorgsentrums. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 26 Jan 09:00 Nagmaal/Belydenisaflegging. 10:00 Kategese. 18:00 Vaalmarina Nagmaal. 3. Dinsdag 28 Jan 09:00 Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Woensdag 29 Jan 18:30 Basaarbeplanning. 5. Donderdag 30 Jan 17:30 Helplift vergader. 6. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 7. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 8. Woensdag 12 Feb 2020 om 18:30 – Kerkraadsvergadering. Ons vra u voorbidding. 9. Elke eerste Sondag van ‘n maand 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers. (Vanaf Feb 2020) 10. Daar is een Elna Stella air electronic naaismasjien en een Toyota omkap- masjien by die kerkkantoor wat u kan kom besigtig te koop. Maak ‘n aanbod. Die fondse gaan vir Barmhartigheid. 11. Mini Basaar, Saterdag 22 Feb 2020 ten bate van die Sasolburgse Kinder- huise. 9 vm, Riemland 27, Sasolburg, Hoëveld Slaghuis. Stalletjies R150 elk. Vir meer besonderhede kontak die kantoor.