Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Instandhouding. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 19 Jan 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 11:00 Jeugkommissie. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 20 Jan 18:00 Barmhartigheid. 18:30 Eredienskommissie. Bloedskenk Maandag 20 Jan 2020, 16:00 tot 19:00 by die rolbalbaan. 3. Dinsdag 21 Jan 09:00 Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Woensdag 22 Jan 18:30 FK vergader. 5. Donderdag 23 Jan Toeka Tieners in die saal. 17:30 Helplift vergader. 6. Nagmaal/Belydenisaflegging: Sondag 26 Jan 2020 om 9vm. 7. Woensdag 29 Jan 2020 – Basaarbeplanningsvergadering. 8. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 9. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 10. Elke eerste Sondag van ‘n maand 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers. (Vanaf Feb 2020) 11. Daar is een Elna Stella air electronic naaismasjien en een Toyota omkap- masjien by die kerkkantoor wat u kan kom besigtig te koop. Maak ‘n aanbod. Die fondse gaan vir Barmhartigheid. 12. Mini Basaar, Saterdag 22 Feb 2020 ten bate van die Sasolburgse Kinder- huise. 9 vm, Riemland 27, Sasolburg, Hoëveld Slaghuis. Stalletjies R150 elk. Vir meer besonderhede kontak die kantoor.