Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gryse Jeug Tehuis. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 12 Jan 09:00 Erediens. 2. Week van Gebed: Elke jaar kom daar versoeke vir spesiale biddae. Kom wees nou eerder deel van ‘n groep mense wat voor daar ‘n krisis is, spesiaal bymekaar kom om te bid vir die jaar op hande. Maandag 13 tot Vrydag 17 Jan 2020 om 18:30 daagliks. 3. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 4. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 5. Elke eerste Sondag van ‘n maand 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers. (Vanaf Feb 2020) 6. Lidmaatskappe ontvang vanaf: NG Bultfontein – Johannes Petrus van Schalkwyk. Lidmaatskappe ontvang vanaf: NG Sonstraal – Andrè Roos, Johanna Carolina van Aarde, Corne Roos, Daren van Aarde en Deonne van Aarde. 7. Belydeniskommissie vergader Saterdag 18 Jan 2020. 8. Nagmaal/Belydenisaflegging: Sondag 26 Jan 2020 om 9vm. 9. Bloedskenk Maandag 20 Jan 2020 by die rolbalbaan. 10. Intermezzo – Orrel en Viool, met Isabelle van Rensburg en Aimee Blom, 18 Jan 2020 om 18:00 te Vier Ankers, Sasolburg. 11. Daar is een Elna Stella air electronic naaimasjien en een Toyota omkap- masjien by die kerkkantoor wat u kan kom besigtig te koop. Maak ‘n aanbod. Die fondse gaan vir Barmhartigheid.