Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Sasolburg Jeugsorgsentrum. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 17 Nov 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese afsluiting. 18:00 Selgroep. 19:00 KERSSANGDIENS. 2. Maandag 18 Nov 16:00-19:00 Bloedskenk. 3. Dinsdag 19 Nov 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Donderdag 21 Nov 18:30 Vaalmarina Kleingroep. 5. Neem kennis dat die Nagmaal verskuif na Sondag 01 Desember 2019. 6. Met die kerkraadsvergadering gehou, 06 November, is die vlg persone gekies as ouderlinge: Gerhard Viljoen, Heinz Meyer, Gerhard Jordaan en Charles Murchie. Marthinus van der Westhuizen is gekies as diaken. Ons vra u voorbidding. 7. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 8.. Glimlagprojek – Vrydag 29 Nov om 18:00 in die Gemeentesaal. Ons benodig: Lekkergoed, 30 kosblikke, Inkleurwerk, Koekies(ons pak dit vir ouetehuise) Benodig jou tyd en hande om te kom help pak. Kontak vir Atha 082 294 1257 of Tjaart 082 828 8615. 9. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 10. Vaaldam Hengelbonanza: Ons gemeente sal betrokke wees by die eetgoed wat sal dien as fondsinsameling. Kom geniet dit saam met ons. 22, 23 en 24 November by die Biermanslandgoed, net anderkant Oranjeville. Benodig asb helpers vanaf Vrydag 22 Nov om 1nm, Saterdag 23 Nov en die Sondag 24 Nov vir die voorbereiding van jaffles en pannekoek en met die verkope. Kontak Frans Erasmus of Ria by die kantoor. Vooraat dankie. 11. Kersoffer – Koeverte en bankbesonderhede sal by die deure beskikbaar wees. Voorbaat dankie. 12. Orkes-Begeleide-geleentheid diens 1 Des om 18:00. 13. Elke eerste Sondag van ‘n maand 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers.