Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Fonds vir Bearbeiding van Gevangenis. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 10 Nov 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 18:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 11 Nov Kantoor sal gesluit wees. 3. Dinsdag 12 Nov 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Donderdag 14 Nov 17:30 Helplift vergader. 18:30 Sanggroep. 5. Sondag 17 Nov 19:00 Kerssangdiens. 6. Neem kennis dat die Nagmaal by Deneysville verskuif na Sondag 01 Desember 2019. 7. Maandag 18 Nov Bloedskenk in die saal. 8. Met die kerkraadsvergadering gehou, 06 November, is die vlg persone gekies as ouderlinge: Gerhard Viljoen, Heinz Meyer, Gerhard Jordaan en Charles Murchie. Marthinus van der Westhuizen is gekies as diaken. Ons vra u voorbidding. 9. Lidmaatskappe ontvang vanaf Gereformeerde Kerk Brakpan: Yvonne du Plessis- Belydend en Regardt Daniel du Plessis en Aleah du Plessis as dooplidmate. 10. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. Die plan is om spekbome aan te plant. Skenkings sal welkom wees. 11. Gemeente Piekniek: Die gemeente se jeug nooi die hele gemeente na ‘n Bring en braai, Saterdag 16 Nov by LDYC vanaf 9vm tot 1 nm. Bring eie stoele, gazebo,ens. R50 toegang per motor. Sodra jul iets koop van R55.00 of meer kry jul die fooi terug. 12. Glimlagprojek – Vrydag 29 Nov om 18:00 in die Gemeentesaal. Ons benodig: Lekkergoed, 30 kosblikke, Inkleurwerk, Koekies(ons pak dit vir ouetehuise) Benodig jou tyd en hande om te kom help pak. Kontak vir Atha 082 294 1257 of Tjaart 082 828 8615. 13. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 14. Vaaldam Hengelbonanza: Ons gemeente sal betrokke wees by die eetgoed wat sal dien as fondsinsameling. Kom geniet dit saam met ons. 22, 23 en 24 November by die Biermanslandgoed, net anderkant Oranjeville. 15. Kersoffer – Koeverte en bankbesonderhede sal by die deure beskikbaar wees. Voorbaat dankie. 16. Orkes-Begeleide-geleentheid diens 1 Des om 18:00 met orkes. 17. Elke eerste Sondag van ‘n maand vanaf Februarie 2020 om 10:15 tweede informele diens, vir die jeug en hul ouers.