Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gemeentehulp. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 03 Nov 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 18:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 05 Nov Ringsleraars. Geen Gebedsgroep of Bybelstudies. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Woensdag 06 Nov 18:30 Kerkraadsvergadering. U voorbidding word gevra. 4. Donderdag 07 Nov 18:30 Vaalmarina Kleingroep. 5. Sondag 17 Nov 19:00 Kerssangdiens. 6. Lidmaatskappee ontvang: NG Vier-Ankers: Arthur Hendrik Johannes Brandt. 7. Parkeerruimte is nou beskikbaar langs die Gemeentesaal. Die buitehekke sal gesluit bly. U is welkom om Sondae u voertuie daar te parkeer. 8. Gemeente Piekniek: Die gemeente se jeug nooi die hele gemeente na ‘n Bring en braai, Saterdag 16 Nov by LDYC vanaf 9vm tot 1 nm. Bring eie stoele, gazebo,ens. R50 toegang per motor. Sodra jul iets koop kry jul die fooi terug. 9. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 10. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 11. Kersoffer. Na ‘n jaar waarin die Here ons gespaar, gedra en geseën het, nooi ons u om saam met ons (kerkraad) ‘n vrywillige kersoffer te maak vir die Here se werk. Sou u wou kan u in November of Desember per EFT (gemerk as kersoffer) skenk of in ‘n koevert tydens die erediens gee. Baie dankie vir u liefde en offerbereidheid.