Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gryse Jeug Tehuis. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 07 Jul 09:00 Erediens. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 09 Jul 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Donderdag 11 Jul 17:30 Helplift vergader. 4. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 5. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 6. Wildfees – 20 Julie. Ete-kaartjies by die kantoor te koop. R150 vir volwassenes en R80 vir kinders onder 12, eetgerei ingesluit. Wit/Rooi Droeë wyn te koop @ R100 per bottel – 25 Jaar Gedenkwyn. Hamburgerpatties te koop @ R60 vir 5 by die kantoor. Wildspasteie te koop @ R60 elk. Genoeg vir 4 – 6 persone. Bees – Raai die uitgeslagte gewig vir net R50 en wen die hele bees. Kaartjies by die kantoor. 7. Sasolburgse Jeugsorgsentrum en Gryse Jeug Tehuis beskik tans oor 2 Vakante poste. Skakel met die kantoor. 8. Bloedskenk – Maandag 15 Julie vanaf 16:00-19:00 in die gemeentesaal.